MOSSELBAAI NUUS - Diaz Primêr se graadeens het op Maandag 8 September 'n uitstappie onderneem om Hoërskool Sao Bras se matrieks met geskenke voor die eindeksamens te verras.
'n Spesiale byeenkoms is in Sao Bras se skoolsaal gehou om die geskenke uit te deel.
Dit het bestaan uit 'n pakkie springmielies met 'n kort boodskap vir die graadtwaalfs: "Diaz Primêr kom net gou verby om sterkte met die eindeksamens te wens."
Hierdie gebruik het Diaz Primêr al verlede jaar begin om sy naburige skool bewus te maak dat hulle leerders ondersteun word.
Die matriekeksamen sal op Dinsdag 21 Oktober begin.
Die graadeens se geskenkies aan Sao Bras se matrieks.
'We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’