MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se Graad 8 leerders, oftewel tans beter bekend as Gorries, het vanoggend volwaardige lede van die “Vis familie” geword toe hul kleurbaadjies tydens 'n seremonie aan hulle oorhandig is.
Hierdie jaar was daar al verskeie eerstes rakende die 2019 graad 8 groep en die mooi baadjie seremonie, was 'n besliste hoogtepunt.
Elke groep Gorries se leier het sy groepie by die naam uitgeroep waarna die hoofde, menere Gouws, Pietsersen en Van Zyl om die beurt die leerders se baadjies help aantrek het terwyl die graadhoof, me van den Berg die baadjies help aangee het.
Die motiverende toesprake van Mnr Gouws sowel as Me Van den Berg sal die leerders nog lank bybly. Die skoollied is trots as afsluiting gesing.
Kyk 'n video hieronder:
Timothy Jacobs ontvang sy baadjie van mnr Gouws.
Evanca Schoeman lyk sommer trots op die feit dat sy nou haar kleurbaadjie mag dra.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'