MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit hou weer hul opedae vir die verwydering van gevaarlike huishoudelike afval.
Hierdie is die ideale geleentheid om gratis op 'n gerieflike manier van hierdie items ontslae te raak.
Op 1 September kan afval na die Mosselbaai-stadsaal geneem word en op 2 September is dit Groot-Brakrivier se beurt om hulle gevaarlike afval na die munisipale geboue te neem.
Ontvangs van afval word vanaf 08:30-14:30 geneem.
Dit sluit in:
• motorolie, oliefilters, remvloeistof
• gebruikte vriesteenmiddel
• verf, verfverdunner, terpentyn
• plaagdoders of onkruiddoders
• huishoudelike batterye
• ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle
• motorbande
• fluoorbuise en gloeilampe
• huishoudelike mediese afval (naalde en ou medisyne en tablette)
Die volgende items word nie aanvaar nie:
• plofstowwe
• ammunisie
• radioaktiewe materiale
• wetlikbeheerde medisyne
Addisionele inligting
• Bring die items moet in ‘n sterk kartondoos, verkieslik die oorspronklike verpakking geplaas en gemerk word.
• Moet nooit gevaarlike items meng nie.
• As gevolg van permit vereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem sal van u verwag word dat u bereid moet wees om u houer saam met die gevaarlike afval in te gee.
Rig navrae aan die afvalbestuurkantoor (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'