MOSSELBAAI NUUS - Die Arbeidsbediening het nóg een van hulle staatmakers verloor toe Willem Oktober (64), op 18 Augustus afgesterf het.
Oktober was ongeveer 30 jaar deel van die Arbeidsbediening.
Vanweë sy groot impak in die gemeenskap, het die organisasie sowat 15 jaar gelede ondersteuning gebied om vir hom 'n kerk in een van Mosselbaai se misdaadgeteisterde gebiede te bou.
"Hy het 'n geweldige positiewe rol in die gemeenskap gespeel en was baie gelief. Ons bid vir sy naasbestaandes en familie," het 'n woordvoerder namens Arbeidsbediening gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'