Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die plaaslike Ghost Riders motorfietsklub het die afgelope Saterdag die Suidwestelike Distrikte (SWD) byeenkoms, waar meer as 30 klubs van die Tuinroete bymekaar kom, by die Wings restaurant by die Mosselbaai-vliegveld aangebied.
Klubs op die Tuinroete kom maandeliks bymekaar, waar probleme bespreek word en dan daarna gesellig saam te verkeer.
FOTOGALERY: Ghost Riders hou byeenkoms
Motorfietsklubs staan gereeld die gemeenskap by en help gereeld organisasies in nood.
Nie net help hulle uit waar hulle kan nie, maar elke maandelikse byeenkoms word plaaslike restaurante en kroeë aangebied om ook dié besighede 'n hupstoot te gee.
By die pas afgelope bymekaarkom is 'n wynvaatjie met 'n lantern bo-op ook aan die klubgangers bekend gestel.
Alle afgestorwe klubryers se name sal op die vaatjie aangebring word ter ere van hul gestorwe makkers.
Die vaatjie en brandende lantern sal voortaan by elke SWD byeenkoms ten toon gestel word.
Ghost Riders beplan ook om op 3 Junie hul Blood Buddy Run te hou waar hulle 60 mense wil kry om bloed te skenk.
VIDEO - Die Ghost Riders Motorfietsklub hou byeenkoms (Video: Jannie du Plessis).
Die vaatjie en lantern, wat voortaan by SWD klubbyeenkomste ten toon gestel sal word.
Die vroue van verskeie klubs bewys dat die motorfietse en klubs nie net vir die hardebaard manne is nie, maar ook vir die skoner geslag. Foto: Elaine van der Toorn
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’