MOSSELBAAI NUUS - Die Mev. Suid-Afrika 2025 finalis, Stellie Taute, het op Vrydag 3 Oktober haar eerste Swing for Hope Charity Golf Day by Pinnacle Point in Mosselbaai aangebied.
Die dag is met trots ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika aangebied, en het ten doel gehad om bewusmaking te skep en fondse in te samel vir kankerondersoeke en -ondersteuning.
Verskeie ondernemings het as borge betrokke geraak en die dag is gekenmerk deur ’n gees van samehorigheid en gee.
Stellie het ná afloop van die dag haar dankbaarheid teenoor almal wat bygedra het uitgespreek.
“Kanker raak soveel gesinne, insluitende my eie. Hierdie dag was vir my ’n manier om iets terug te gee en hoop te bring, een hou op ’n slag,” sê sy.
Die presiese bedrag wat ingesamel is was teen die ter perse gaan nog nie bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’