MOSSELBAAI NUUS - Twee mense wie se motor op Vrydagaand omstreeks 22:00 in Mayixhaleweg onklaar geraak het, was slagoffers van 'n gewapende roof.
Dit blyk dat twee inwoners van Mullerstraat op pad was huis toe, toe hul voertuig probleme gee.
Hulle het om hulp gevra, maar is deur mans met 'n mes en 'n pistool gedreig voordat 'n Huawei-selfoon onder meer geroof is.
Die KwaNonqaba-polisie vra dat enige persoon met inligting die polisiestasie (044 606 5600) sal kontak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'