Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - Polisie is tans op die toneel in Fraaiuitsig waar die Pick n Pay vroeër vanaand beroof is.
Mossel Bay Advertiser-joernalis, Jannie du Plessis berig vanaf die toneel, dat die polisie besig is om personeel te ondervra.
Volgens inligting van ooggetuies op die toneel, het twee gewapende, gemaskerde verdagtes met ‘n onbevestigde kontantbedrag op die vlug geslaan.
Die verdagtes het vermoedelik in die rigting van Powertown gevlug. Navrae oor die voorval is aan die polisie op Groot-Brakrivier gerig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'