Sy meen dat sy kalm was, aangesien die voorval kort na hul oggendgodsdiens plaasgevind het.
"Ek dink die oggend se gebed het my kalm gehou. Ons hou elke oggend godsdiens voor ons met ons dagtaak begin," het sy op die toneel aan die Mossel Bay Advertiser gesê, kort na die voorval.
Area-hoof ook in gedrang
Cheslin Africa, 'n area-bestuurder vir die firma wat op sy maandelikse besoek aan dié tak uit Kaapstad in Mosselbaai was, het die kantoor binnegestap ten tye die rooftog.
Enige persoon met inligting rakende die voorval, kan die ondersoekbeampte Kst Delport by die Mosselbaai-polisie kontak by 044 606 2850.
CID reageer
Johan van Rensburg, uitvoerende beampte van die CID wat in die sakekern patrollie doen, ten einde die SAPD by te staan in misdaadbekamping, het die voorval verdoem.