TUINROETE | HESSENQUA NUUS - Na deeglike beraadslaging met verskeie belanghebbende organisasies, het Hessequa-munisipaliteit besluit om nie die walvis wat onlangs langs die Jongensfontein-kusslyn gestrand het, te verwyder nie.
Die walvis wat tot die physeter catodon-familie behoort, meer bekend as 'n spermwalvis, is ongeveer 15 meter lank en weeg ongeveer 40 ton.
Didi Budricks, openbare betrekkinge beampte by die munisipaliteit het Maandag, 31 Augustus gesê die gebied waar die walvis gestrand is, is per boot sowel as van die land af ontoeganklik.
"Die munisipaliteit het gevolglik met verskillende bewaringsinstansies gekonsulteer, waaronder CapeNature, om die verskillende opsies te ondersoek hoe om die karkas wat onder die hoogwatermerk lê, te verwyder. Konsensus is bereik dat die karkas weens die terrein, die nabyheid daarvan aan die oseaan, die grootte en gewig, stadium van ontbinding, sowel as die posisie in verhouding tot die stedelike grens, fisies onmoontlik sal wees om te verwyder," verduidelik Budricks. "Alles dui daarop dat die karkas reeds 'n reuk afgee omdat dit moontlik 'n geruime tyd in die oseaan gedryf het en reeds na 'n gevorderde stadium van ontbinding beweeg." Die reuk van 'n walvis se blaas in die see, trek 'n verskeidenheid van haaie aan en 'n dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om vir die volgende paar maande in meer beskutte areas te swem, soos gety en rotspoele, sowel as getyriviere. Branderplankryers word ook gemaan om waaksaam te wees en eerder elders as Jongensfontein die sport te beoefen.
Budricks sê die enigste alternatief is om die karkas met 'n kettingsaag in kleiner hanteerbare snitte te sny, maar weens die gesondheids- en veiligheidsrisiko vir die operateur, word dit nie oorweeg nie. Die opblaas van die karkas is ook buite die kwessie.
Die strand van walvisse langs die Hessequa-kuslyn is 'n alombekende gesig en is 'n groot aantrekkingskrag vir toeriste, sowel as plaaslike inwoners.
Die walvismannetjies ter sprake kan tot 19 meter lank word, vyf keer die lengte van 'n groot olifant, terwyl wyfies tot 12 meter in lengte kan bereik. Hulle is die grootste van die getande walvisse en kan aan hul enorme vierkantige kop en smal onderkaak uitgeken word.
After careful consultation with several interested organisations, the Hessequa Municipality has decided not to remove the whale that recently stranded on the Jongensfontein coastline.
"The municipality consulted with various conservation agencies, including CapeNature, to explore the different options on how to remove the carcass that lies below the high watermark. The consensus was reached that the carcass, due to the terrain, its proximity to the ocean, its size and weight, the stage of decomposition, as well as the position relative to the urban boundary, will be physically impossible to remove," explains Didi Budricks, public relations officer at Hessequa Municipality.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'