MOSSELBAAI NUUS - ‘n Jeep-nutsvoertuig is omstreeks 12:30 verlate in ‘n straat in KwaNonqaba gevind, nadat dit vanoggend na 08:00 as gesteel aangemeld is.
Volgens inligting verskaf deur die Da Gamaskop-polisie, het ‘n verdagte tussen 06:00-08:00 vanoggend toegang tot ‘n woning in Bob Bouwer-singel, Bayview verkry en ‘n handsak met persoonlike besittings, asook die nutsvoertuig se sleutels gesteel.
Die Da Gamaskop-polisie ondersoek ‘n saak van diefstal en diefstal van ‘n motorvoertuig.
Geen arrestasies is in verband met die voorval gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'