MOSSELBAAI NUUS - Op Dinsdag, 19 Maart het 'n polisiebeampte van Groot-Brakrivier diens by die Mosselbaai-landdroshof gedoen toe sy tydens 'n hofsaak 'n selfoon in 'n 22-jarige beskuldigde se broeksak opgemerk het.
Sersant Laurianne Botha het die ondersoekbeampte in die saak genader en by verdere ondersoek, is bevind dat die selfoon met 'n roofsaak verbind kan word.
Adjudant-offisiere Louis Botha Crause en Gaylord Muller het die saak verder ondersoek en die verdagte ook met 'n huisbraak en diefstal verbind.
Die eienaar van die gesteelde selfoon is opgespoor en die selfoon is aan hom terugbesorg. Die verdagte is in die hofgebou gearresteer op verdere aanklagte van huisbraak en diefstal.
Bazil Plaaitjies was in sy noppies om sy eiendom terug te kry.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'