GLENTANA NUUS - Vyf mense van dieselfde gesin is gisteraand in 'n motorbotsing op die N2 naby Glentana dood.
Die sesde insittende van die Ford Ecosport, 'n 12-jarige seun is die enigste oorlewende en word tans in 'n hospitaal in George behandel. Die aard van sy beserings is nog nie bekend nie.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Lauriane Botha sê die ander voertuig se bestuurder is ook in 'n George hospitaal opgeneem. Botha sê die botsing het om ongeveer 22:00 plaasgevind.
Sy sê die omstandighede van die voorval word nog ondersoek. Meer besonderhede is nie tans bekend nie.
Volgens Botha het familie vanuit die Kaap gisteraand vertrek om die seun by te staan. Dit is nie tans bekend vanwaar die oorledenes oorspronklik af is nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'