Gideon Knoetze, eienaar van Mosselbaai Volkswagen, het hom soos volg hieroor uitgespreek: "Slaan maar die Mossel Bay Advertiser Vrydae oop en jy sal sien... misdadigers is besig om ons dorp al meer en meer te teiken en as ons nie betyds saamstaan en hierdie euwel hokslaan nie, gaan ons binnekort ook maar net nog 'n misdaadnes word.
"Kom ons raak almal meer bewus en bedag op misdaad; maak seker dat voertuie veilig en gesluit is en moenie waardevolle items in die voertuig laat nie. Baie Mosselbaaiers is ook nog so gerus dat hulle sommer die sleutels in die voertuig los – dis mos nou 'n uitnodiging aan motordiewe. Kom ons wees bewus en paraat en staan almal saam om 'n duidelike boodskap uit te stuur dat ons hier in Mosselbaai dit nie sal duld nie. Kom ons dra almal rooi op Vrydae!"
Die Mossel Bay Advertiser wil hierby aansluit en besighede en individue versoek om meer bewus te raak van misdaad en die voorkoming daarvan. Kom ons kleur Mosselbaai op Vrydae rooi!

Van die personeel van Mosselbaai Volkswagen in hulle rooi uitrustings - van links: Christa Barnard (verkopebestuurder), Juanita van Greunen (administrasie), Hetty Isaacs (ontvangs), Ronelle Botha (administrasie), Suzandi Schoeman (administrasie), Amelia Cilliers (kliëntediensbestuurder), Susan van Rensburg (werkswinkel ontvangs) en Alida Retief (besigheidsbestuurder).Foto: Sandy Vorster