MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder, sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle.
Dit word elke Woensdag vars voorberei en is te koop teen R40 per ete.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae oor die maand se spyskaart of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
Die volgende etes is in Februarie beskikbaar
9 Februarie
- Hoender-kerrie met patats en vla-wortels
- Spaghetti bolonaise met ertjies en vla-wortels
- Ontbeende sparerib met blomkool en room-spinasie
16 Februarie
- Macaroni en kaas met blomkool en soetwortels
- Lasagne met soetpatats en broccoli
- Maalvleis-pasta met patats en growwe groentes
23 Februarie
- Tamatiebredie met stampmielies en growwe groentes
- Alfredo-pasta met blomkool en ertjies
- Hoender-schnitzel met spinasiekoekie en blomkool
- Bobotie of hoenderpastei teen R100.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'