MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone bied elke maand 'n kosprojek aan om ekstra fondse vir die dienssentrum in te samel. Daar is elke maand 'n nuwe spyskaart met etes wat gevries of dadelik geniet kan word.
Dit is ideaal vir diegene wat werk en laat by die huis kom asook vir ouer persone wat nie meer kans sien om etes te maak nie. Dit word elke Woensdag vars voorberei en is te koop teen R45 per ete.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae oor die maand se spyskaart of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
Woensdag, 13 April
- Bobotie met geelrys en soetwortels
- Hoender roerbraai met soetpatats en geelrys
- Ontbeende sparerib met soetpampoen en geroosterde groente
Woensdag, 21 April
- Herderspastei met soetpatats en gemengde groente
- Hoenderkerrie met soetpampoen en ertjies
- Blatjang-frikkadelle met wortels en kerriekool
Woensdag, 27 April
- Geen etes vir hierdie Woensdag nie
Opsioneel
- Bobotie of hoenderpastei - genoeg vir 4 - 6 persone teen R100 elk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'