MOSSELBAAI NUUS - Verskeie persone het Maandag by die Hartenbos-museum opgedaag om die stigtingsvergadering van 'n gespreksgroep oor genealogie (familiegeskiedenis) by te woon.
Tydens dié vergadering, wat deur die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika gereël is, is Sias Coetsee as sameroeper van die gespreksgroep aangewys. Abrie de Swardt, voorsitter van die Suid-Kaapse tak, het by die vergadering gemeld dat die doel van die genootskap is om belangstelling in die familiegeskiedenis as stokperdjie uit te bou.
Ook om mense se belangstelling om hulle stamvader en -moeder tot op die jongste geslag op te spoor, en die stories van hulle bydrae tot hulle gemeenskappe in Suid-Afrika te vertel.
Gereelde gespreksgroepe sal by die Hartenbos-museum gehou word, en groter ledevergaderings by die George-museum, onder die vaandel van die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika.
Vir enige navrae kan Sias Coetsee gekontak word by siasheleen2@telkomsa.net of by 082 821 7164 of 044 695 0872.
Van die persone wat Maandag by die Hartenbos-museum teenwoordig was tydens die stigtingsvergadering van 'n gespreksgroep oor genealogie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'