MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone poog om effektiewe en funksionerende veroudering by persone bo 60 te ondersteun en te bevorder sodat ouer persone so lank moontlik selfversorgend in die gemeenskap kan woon.
Die dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle.
Hulle bied die volgende gekookte etes teen R40 per ete aan:
- bobotie, rys en pampoenkoekies;
- hoenderpastei, groenbone en pampoen;
- spaghetti bolognaise, patats en broccoli en blomkool met witsous.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae voor 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae of bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'