MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum wil graag die gemeenskap betrokke maak by hul beplande projek om gekookte etes voor te berei en te verkoop.
Hierdie etes kan dadelik genuttig word of dit kan gevries word vir daardie noodgevalle. Dit word elke Woensdag vars voorberei en is te koop teen R45 per ete.
Bestellings moet Maandae voor 12:00 geplaas word en kan Woensdae tussen 11:00 en 12:00 by Kenani-dienssentrum, Alphastraat 7, Mosselbaai afgehaal word.
Die kantoor kan in die week tussen 08:00 en 13:00 vir navrae oor die maand se spyskaart of oor bestellings by 044 690 3204 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'