MOSSELBAAI NUUS - Die skakelbeampte van die Groot Brak-polisiestasie, sersant Lauriane Botha, het vir tannie Dinah Jacobs (93) by Uitkyk, naby Groot Brak, gaan kuier en 'n snoesige gehekelde kombersie oorhandig om haar tydens die wintermaande warm te hou.
Botha vertel dat tannie Dinah nog baie aktief is, kos maak en na die kinders omsien as hulle ná skool huis toe kom.
"Sy is die enigste oorblywende lid van haar familie, eet gesond en beweeg nog gemaklik rond. Dit was lekker om haar so geesdriftig te sien lag en gesels."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’