MOSSELBAAI NUUS - 'n WhatsApp-stemnota wat na bewering deur 'n inwoner op Friemersheim na selfoongebruikers uitgestuur waarin beweer word dat daar voertuie in die woongebied ry met die doel om kinders "op te laai" het onlangs die rondte gedoen.
In die stemnota sê die vrou dat daar drie silwer voertuie met CA-registrasienommers in die woongebied ry en glo voorgee om vir 'n universiteit te werk.
Sy sê: "Hulle gee voor hulle werk vir die universiteit, dis mense wat kinders oplaai. Hulle neem foto's van kinders tussen 1-9 jaar oud en vra by die huise wat die kinders se lengte en gewig is en wat die kinders eet."
Polisiewoordvoerder, sers Chantel Marais sê hulle het ook die bewerings gehoor, maar geen klagtes is gerapporteer en geen sake is ontvang nie. "Inwoners wat so iets vermoed moet eerder die polisie kontak sodat ons ondersoek kan instel."
Marais maan inwoners om nie sommer net stemnotas uit te stuur en sodoende paniek te saai nie. "Bel eerder die polisiekantoor en lê 'n klag of kom maak 'n saak waarna ons die bewerings sal ondersoek."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'