GROOT BRAKRIVIER NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit werk tans daaraan om die Groot-Brakrugbyveld meer toeganklik vir toeskouers te maak.
Sementpaadjies word onder andere aangelê sodat die toeskouers nie meer tydens wedstryde deur waterpoele of modder hoef te loop as hulle rondbeweeg nie.
Mosselbaai-burgemeester Dirk Kotzé het die portefeuljevoorsitter vir gemeenskapsdienste, Niklaas Booisen, sowel as die direkteur van gemeenskapsdienste, Elize Nel, en haar afdeling vir hul leierskap en toewyding aan die GrootBrakriviergemeenskap se welstand bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’