MOSSELBAAI NUUS - Nooddienste is vanoggend, Donderdag 27 Augustus, na nog ’n motorfietsongeluk naby die bopunt van Marshstraat in Mosselbaai ontbied.
Volgens een van die dienste, Relay EMS, het ’n 38-jarige vrou tydens die ongeluk moontlike frakture aan haar sleutelbeen en ribbes opgedoen, maar sy was verder in ’n stabiele toestand en het geen ander ernstige beserings gehad nie.
Sy is vir verdere behandeling na die Life Bay View-hospitaal geneem.
Na wat verneem word was daar geen ander voertuie betrokke nie. Die vrou het glo duiselig geraak en beheer oor haar motorfiets verloor.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’