MOSSELBAAI NUUS - Petronel Baard, sanger en liedjieskrywer voer haar produksie, Blom in elke vrou op by die Gourikwa-natuurreservaat ter viering van Moedersdag.
Die vertoning is môre, 7 Mei om 11:00.
Baard tree op saam met Johan Enegelbrecht (viool), Lelane van der Merwe (tjello) en Franco Engelbrecht (klavier).
Sedert April, borg Cordis Trust Baard om in die lig van hierdie produksie, maandeliks 'n blomruiker aan 'n formidabele Suid-Afrikaanse vrou te skenk. Die eerste ruiker is aan die hoof-uitvoerende beampte van Kunstekaap, dr Marlene le Roux geskenk.
Die ruikers word in samewerking met die bekroonde bloemis, Alta Scott van Deur die blare op Klein-Brakrivier geskenk.
"Die fokus is op al die vroue van ons land, bekend en onbekend," berig Baard.
Besprekings vir die Blom in elke vrou-vertoning, kan gedoen word by 082 702 9126.
Petronel Baard, Johan Engelbrecht, Lelane van der Merwe en Franco Engelbrecht van die produksie, Blom in elke vrou. Foto: Mafia Photography
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'