TUINROETE | KAROO NUUS - Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV) Eenheid Spekboom hou op Saterdag 14 Oktober om 11:00 'n gedenkdiens. Drag is affiliasiedrag met baadjie en das of netjies informeel.
Met inspirasie van die lied Houtkruis het Pieter Cillie, nadat hy met kanker gediagnoseer is, besluit om 'n populier houtbalk, wat hy bekom het, in te span en 'n houtkruis te bou.
Die kruis is 3 m hoog is en 1,4 m breed op die arms.
Die kruis is geplant by Kobus se Gat onder die Swartberge op die R328 en vernoem na die adjudant-offisier 1, Lloyd Calitz. Calitz wat drie jaar gelede, met die ontstaan van eenheid Spekboom, sou kom kuier het, het op die nipper gekanselleer en is net daarna oorlede.
Hierdie jaar gedenk hulle vir Lloyd en daar gaan nog kruise opgerig word volgende jaar. Diegene wat die diens wil bywoon kan vir Pieter laat weet by pieter.cillie@sawv.co.za. of W/A by 081 406 0466.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’