Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Plaza Aquada gebou in Marshstraat op Mosselbaai is vanoggend om ongeveer 08:30 ontruim nadat die verkeersdepartement ‘n bomdreigement ontvang het.
Die Mosselbaai-polisie het die voorval bevestig. Die polisie se plofstof-eenheid is na die gebied ontbied.
Minstens 100 mense is uit die gebou ontruim.
Die perseel is intussen veilig verklaar.
VIDEO: Bomdreigement - gebou ontruim:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'