MOSSELBAAI NUUS - Delvin Safers (29) se familie was vanoggend omstreeks 05:30 vir die laaste keer met hom in kontak.
Safers, 'n inwoner van Mosselbaai, is een van die werkers wat steeds onder die puin vasgekeer is na ‘n gebou in George Maandagmiddag ineengestort het.
Hy het sy selfoon by hom en kon só met sy familie kommunikeer.
“Ek is oortuig dat hy nog lewend is en ek bid dat die Vader hom daar sal uitbring,” het Delvin se pa, Deon, vandag aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Hy en ander lede van hul familie is in George naby die toneel waar reddingswerkers sedert die ineenstorting onverpoosd werk om oorlewendes uit te kry.
Delvin se ma, Delmarie, sê, “Sy laaste woorde was nog hy is baie lief vir ons en hy is baie lief vir sy seuntjie.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’