MOSSELBAAI NUUS - Gebede van verootmoediging het vryelik opgeklink by die Hartenbos Seefront Vrydag, 8 Februarie toe 'n biddag vir reën gehou is.
Groot getalle mense het die geleentheid bygewoon wat deur ds Tertius Conradie van die NG-gemeente op Brandwag gelei is.
Dit is welbekend hoe intens die voortslepende droogte die boeregemeenskap in Mosselbaai en omstreke raak.
Die biddag is deur Attie Claassen, 'n bekende atletiekafrigter in Mosselbaai, byeengeroep. Claassen het ook ten tye van 'n vorige groot droogte 'n biddag byeengeroep wat in die ATKV-amfiteater op Hartenbos gehou is.
Hierdie byeenkoms is gelei deur ds Richard van Wyk, voorheen 'n predikant aan die NG Moedergemeente, Mosselbaai. Kort na beide geleenthede, het dit wel gereën, aldus Claassen. "Ek het net met die idee om 'n biddag te hou vorendag gekom. Die Here het die res gedoen."
Ds Tertius Conradie aan die woord.
Gebedstyd het ook persoonlike verootmoediging ingesluit.
Gebede van verootmoediging het met oorgawe opgeklink.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'