MOSSELBAAI NUUS - Wanneer 'n mens hoor 'n geleentheid is vir die hele gesin, dink mens nie sommer dit sluit vir ouma en oupa in nie, maar as die Garden Route Family Expo sê dis vir familie, dan is dit die héle familie.
Sluit hierdie naweek by die expo aan vir 'n naweek gevul met vreugde en opwinding vir 'n ieder en elk van die lede in jou gesin.
Van die 4x4-baan en helikopter ritte tot gesigverf en mini-vierwiele, hiér gaan iets wees vir almal om te doen.
Vandag, 26 April, word senior burgers genooi om die eenvoudige plesier van die plaaslewe te herontdek en terselfdetyd die onskuld van hul kinderdae te herleef.
Dit sluit in oliebolle versier, 'n oorlewingskursus, skatkis-jag en 'n poppekas werkswinkel- en vermaak in. Moet ook nie die boeresport vergeet nie.
Die Kids Zone is ook reg. Kyk die moets en moenies vir dié area hier: https://fb.watch/rHf4GaD53K/
En wat is nou beter as om 'n aand met die Klipwerf Boereorkes en langarms-dans af te sluit?
Behalwe vir die vermaak is iets waarna almal vir seker uitsien die oorhandiging van die Ford Raptor aan sy gelukkige wenner. Het jy al jou kaartjie gekoop om 'n kans te staan om dié gesogte voertuig huis toe te bestuur?