Kersvader steur hom nie te veel aan sy tradisionele vervoer hier rond nie - hy span sommer ‘n helikopter in.
Daar was groot opgewondenheid toe hy rondom 17:00 op Kersdag op Groot-Brakrivier se Suiderkruis-strand land.
Daar was natuurlik geskenke ook in sy helikopter!
Lizelle Crous van Mossel Bay Helicopters vertel sy en Luhan Bester het gehelp om vir Kersvader daar uit te kry, met al die nodige toestemming in plek.
“Ons doen dit al vir sowat 19 jaar. Kersvader kom hier na die helikopter site net buite Hartenbos aan al die pad van die Noordpool af, dan gaan laai ons hom op Groot Brak af.”
Kobus Crous Snr (Lizelle se oorlede man) en Lood Bester het met dié inisiatief begin om die helikopter in te span om die kinders se gesiggies op te helder deur vir Kersvader af te laai.
Lood het dit oorgegee aan sy seun Luhan om mee voort te gaan en Lizelle sê hulle sal voortgaan met dié instelling.
Mense wag vir Kersvader op Suiderkruis-strand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’