MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die Fynproewers gaan die lente verwelkom met geregte wat vars en lig is.
Sjef Julien van Niekerk van die Garden Route Casino ontvang die gildedames en hulle gaste om 08:30 vir 09:00 op Donderdag, 7 September by die casino vir die demonstrasie van watertandgeregte.
Die geregte wat rondom die tema, Lente - lig en vars, gedemonstreer sal word, is spanspek-, sjerrie-en-room- gaspacho, wildsvleis-carpaccio, aarbei-en-balsamieseslaai, beeshaas-tartare en grenadella-meringue-roulade.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'