MOSSELBAAI NUUS - Op Donderdag, 12 Oktober, gaan sjef Emile Nel die lede van die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hul gaste die fynere kunsies leer om sushi te maak.
Die geleentheid vind om 08:30 vir 09:00 by die Barn/ReedValley plaas.
Geregte wat gedemonstreer sal word, is temari, nigiri, salmon roses, futomaki, temaki en uramaki.
Die demontrasie gaan ‘n kykie gee in die Oosterse kookkuns. Gaste is welkom.
Kontak Elaine Louw (083 263 5417) om plek te bespreek.
Kaartjies is R150.
Ena Jacobs (voorsitter) nooi belangstellendes om by die gilde aan te sluit.
Sy sê: “Elke demonstrasie is leersaam en pure pret!”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'