Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die eerste Fynproewers-geleentheid van die jaar in Mosselbaai is op Donderdag, 2 Februarie by die Diaz Hotel gehou.
Sjef Emile Nel het 'n twee uur lange demonstrasie oor die regte gebruik van air fryers (lugbraaier of konveksie-oond) gehou.
Volgens Nel is die air fryer die huishoudelike toestel met die meeste verkope verlede jaar. "Dis 'n baie oulike toestel wat in 'n klein spasie en met min krag vinnig kos kan gaarmaak. Mense word geïntimideer deur die baie knoppies op die nuwe toestel. Met die demonstrasie leer ons mense om ook kreatief kos te maak met die nuwe tegnologie wat eintlik ou tegnologie is. Dit is verder ook 'n gesonder manier om kos gaar te maak."
Die naam air fryer is meer vir verkoop- en bemarkingsdoeleindes want dit is eintlik 'n konveksie-oond. Dit is wel 'n bietjie vinniger en maak kos vinnig en egalig warm weens die lugvloei van die fryer.
VIDEO - Emile Nel, bekende sjef in Mosselbaai vertel meer van lugbraaiers of 'air fryers' (Video: Alet Engelbrecht).
Charlotte Griffiths
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'