TUINROETE NUUS - Die Suid-Kaap Fynproewersgilde en hulle gaste kom op Donderdag, 6 Junie om 08:30 vir 09:00 by Dis Tyd in Blanco naby George bymekaar.
Die tema vir die oggend is vonkelontbyt.
Die gassjef by hierdie geleentheid is Mia Dupper. Mia was van kleins af doenig in en lief vir die kombuis. Die koeël was spreekwoordelik deur die kerk toe sy by haar tannie, wat haar opleiding in Duitsland ontvang het, praktiese lesse in gebak geneem het. Sy het 42 soorte Duitse koeke leer bak. Daarna was daar geen keer aan die vrou nie. Sy het haar ingeskryf vir 'n basiese kookkursus by Francois Ferreira, haar eie koffiewinkel, Dis Tyd, geopen en haar droom begin leef. Sjef Mia gaan die volgende geregte demonstreer: Somerdroom, ontbytbroodpoeding, huevos rancheros, eier-roulade en ontbyt-aartappelpannekoek.
Hierdie beloof om 'n interessante demonstrasie te wees met baie om te geniet en te leer. Gaste is hartlik welkom.
Kontak Elaine Louw (083 263 5417) om plek te bespreek. Die koste beloop R170 per persoon.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'