Twintig leerders het aan die projek deelgeneem en elkeen moes 'n plakkaat of item uit herwinbare materiaal maak .Al die leerders was baie kreatief en het van karre, kershouers, spaarbussie tot huisies gemaak. Dit was werklik moeilik om die wennertjies te kies, want duidelik het almal baie moeite gedoen met die maak van die items en plakkate.
Die drie wenners is; Rolene Keyser, Winley Frans en Mario Witbooi.
Elke deelnemer het 'n pakkie lekkers ontvang en die wenners het elkeen 'n skryfbehoefte geskenkpakkie gewen.
Kst Marais bedank mev Spandiel (Groot Brak GPF) wat met die projek gehelp het, asook Groot Brak Spar en Pep Stores, die borge van die lekkergoed-pakkies en pryse.
.jpg)
Friemersheim Primêr se Graad 5 klas saam met hul skoolhoof, mnr Speelman en die produkte wat hulle van herwinbare materiaal gemaak het.