FRIEMERSHEIM NUUS - ‘n Gesin van Friemersheim se woning het in die oggendure van Woensdag, 14 Mei, afgebrand en hulle haweloos en sonder enige besittings gelaat.
Drie volwassenes (‘n vrou en twee mans) en twee kinders, ‘n seun (9) en ‘n dogter (13), is hierdeur geraak. Hulle het tans ‘n behoefte aan boumateriaal, kos, beddegoed, warm klere, sanitêre produkte en meer.
Vir verdere besonderhede oor spesifieke skenkings of bydrae, of waar skenkings afgegee kan word, kontak Sophia Loots (065 293 5587).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’