MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Eden Photographic Society het op Dinsdagaand, 11 Februarie hulle maandelikse klubaand by die Diaz Strand Hotel gehou.
Tydens hierdie geleentheid is die wenners van Januarie aangekondig.
In die beginners tot 2 ster afdeling (B-groep) is Johan Nel se Dying Rose as wenner van die ope afdeling aangewys met Amanda Whiteman se Ons Tuiste die wenner in die voorgestelde onderwerp (set theme).
In die afdeling 3 ster en bo (A-groep) loop Anton le Grange met beide pryse weg naamlik Ovahimba in Kamanjab as die wenner in die ope afdeling en Dorre Aarde in die voorgestelde onderwerp.
Lede vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00 by die Dias Hotel. Hulle nooi alle belangstellendes en fotografie entoesiaste uit om te kom kyk na wat hulle doen. Daar is elke maand 'n voorgestelde onderwerp, die afgelope maand was dit landskappe en die volgende maand is dit makro-fotografie.
Vir enige navrae kontak Anton le Grange (084 442 4442).
Anton le Grange se Dorre Aarde.
Amanda Whiteman se Ons Tuiste.
Johan Nel se Dying Rose.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'