Mosselbaai se sakegemeenskap het op Woensdag, 17 April die geleentheid gehad om gedagtes te wissel met verteenwoordigers van Mosselbaai se Munisipale Raad.
Tydens 'n gesellige ontbyt is gesprek aangemoedig oor ontwikkeling en stimulering van besigheidsgroei in Mosselbaai.
Voorsitter van die Mosselbaai Besigheidskamer, mnr Johan van Rensburg, het lede van die Besigheidskamer, sakelui en raadslede welkom geheet en daarop gewys dat gesonde verhoudinge tot voordeel van almal uitgebou moet word.
Hoewel soortgelyke gesprekvoering ook in die verlede plaasgevind het, het Woensdag se byeenkoms daarin geslaag om verteenwoordigers van al die grootste werkgewers te betrek.
Interessante sienings is gedeel en daar is in die breë konsensus bereik oor die rol van die hawe vir Mosselbaai en die groter Suid-Kaap streek.
Die hawe se ontwikkeling is krities tot groei en daar is veral gefokus op die noodsaak vir 'n behoueringsfasiliteit, 'n kleinboothawe en dormate grond wat tot voordeel van die dorp ontwikkel kan word.
Die noodsaak vir die voortbestaan van PetroSA is ook voorop gestel.
Daar is geredeneer dat plaaslike besighede moet behou wat hulle aan Mosselbaaise koopkrag het en op beter bemarking moet fokus. Een van die sleutel elemente daarvoor, is voorgestel, is die aanpassing van besigheidsure.
Eweneens moet die produkreekse van plaaslike winkels aangespreek word, sodat dit nie vir Mosselbaaiers nodig moet wees om 'n wyer produkreeks in naasliggende dorpe te gaan soek nie. Produkverskaffers het ook onder die soeklig gekom.
Uiteindelik is dit die verantwoordelikheid van elke sakeleier om te verseker dat waarde optimaal toegevoeg word om te verseker dat Mosselbaai se koopkrag in Mosselbaai aangewend word.
Die vergadering is goed bygewoon en 'n gemoedelike atmosfeer het tot die sukses van daarvan bygedra.
_580410423.jpg)
Xolani Hlakanyana (National Ports Authority), Nico Marais (ondervoorsitter: MBBK), Gideon Knoetze (Mosselbaai Volkswagen), Johan van Rensburg (voorsitter: MBBK), Gerda Visagie (Hartenbos Apteek) en Mosselbaai se Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, het gesellig beraadslaag.

Eugene Theron (Transand), heel links, het gesellig verkeer saam met Yolande Botha (Eiendoms Prinsipale Forum), JJ Moorcroft (Protea Hotel), Raadslid Flip du Plessis, Eddie Jenkerson (MBBC bestuur) en Deon Terblanche (MBBC bestuur).
_574703150.jpg)
Fanus Truter (Meyer Otto) en Basson Piek (Rauch Gertenbach) het die Besigheidskamer se ontbyt by Ponto Restaurant gebruik om kopstukke te gesels.
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
FOTO'S: MICHELLE COETZEE