Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Kuns gee mense 'n wonderlike geleentheid om uitdrukking te gee aan hulle gevoelens en emosies.
Karli Stamhuis, bekende kunstenaar van Mosselbaai en eienaar van die Kids' Art Etc Kunsskool, hou elke jaar teen die einde van November 'n kunsuitstalling om die besondere kuns van haar leerders aan die publiek te wys.
FOTOGALERY: Kunsuitstalling stal besonderse kunswerke uit
Karli wat aan elke leerder 'n sertifikaat oorhandig het met 'n persoonlike boodskap en motivering, beskryf die jaarlikse kunsuitstalling soos volg: "Dit is 'n feestelike aand om die kinders en hul kuns te celebrate. Hulle werk baie hard en die bedoeling is om hul grense te skuif.
"Dit is nie vir hulle maklik nie, dit verg dapperheid. Ons fokus is nie op die eindproduk nie, maar op die proses van skep en om uitdrukking te gee aan jouself. Die kunsuitstalling is ook belangrik sodat die kinders, hulle ouers en ander belangstellendes kan sien hoe hulle gevorder het, wie hulle is en die nuwe dinge wat hul moet leer. Dit gee ons 'n kykie in die siel van die kinders."
Hanlie de Villiers se dogter, Hanja kry sedert Kids' Art Etc se begin vyf jaar gelede, kunslesse by Karli. Sy vertel: "Die groei in die kwaliteit van die kinders se kunswerke is net fenomenaal. Dit is ongelooflik wat Karli met hulle vermag en hoe sy elkeen se uniekheid uit hulle haal. Karli is net so 'n amazing mens, ek love haar!" Elizna de Bruyn besit verskeie gastehuise in Garies en koop graag van Kids Art' Etc se kuns om die gastehuise te versier.
"Vir my is dit ongelooflik om te sien hoe die kinders gehelp word om hul talente te ontwikkel. Dit gaan vir my oor die mooi daarvan, die 'beauty' van kinderkuns. En dan is dit belangrik om vir hulle 'n boodskap te gee dat hul talent dalk eendag ook 'n loopbaan kan word. Dat daar iemand is wat waarde heg aan wat hulle gedoen het."
VIDEO - Karli Stamhuis, kunstenaar van Mosselbaai, is passievol oor kuns en die vryheid wat dit 'gee.
VIDEO - Kids' Art Etc se pragtige kunswerke wat die jaar uitgestal is.
VIDEO - Hanlie de Villiers se dogter Hanja, is nou al amper vyf jaar by Kids' Art Etc.
Karli wat aan elke leerder 'n sertifikaat oorhandig het met 'n persoonlike boodskap en motivering, beskryf die jaarlikse kunsuitstalling soos volg: "Dit is 'n feestelike aand om die kinders en hul kuns te celebrate. Hulle werk baie hard en die bedoeling is om hul grense te skuif.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'