Update
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai en sy mense het Saterdagaand tydens 'n feestelike program die besoekers verwelkom met 'n puik program wat in die Harry Giddey-park aangebied is.
Die Mosselbaai-munisipaliteit bied jaarliks die geleentheid aan waar daar sommer ook met plaaslike talent gespog word.
Die veelsydige program het vermaak gebied vir almal teenwoordig en dan ook so die slagspreek, bekend in Mosselbaai, Waar kulture ontmoet, uitgebeeld.
Die boodskap van vrede en hoop is uitgespreek deur alle sprekers en bekende Kersliedere is met 'n Afrika-ritme onder die begeleidng van C-Vibe, geesdriftig en uit volle bors deur almal gesing.
Met die aftel na die aanskakel van die dorp se feesligte, was daar 'n gees van afwagting en 2018 se vakansieseisoen in Mosselbaai het op 'n positiewe noot begin.
Kyk 'n video hieronder:
Inwoners en vakansiegangers het Kersliedere gesing terwyl die kerse 'n feestelike atmosfeer geskep het. Foto: Tersia Marais
Lees 'n vorige artikel: Mosselbaai se feesliggies aangeskakel
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'