Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society het tydens hul Maart-byeenkoms die wenners van Februarie aangekondig. Die tema vir Februarie was makrofotografie.
Die wenners is soos volg:
Junior afdeling
- Ope kategorie - Danie Cillie se Crossword Puzzle.
- Voorgeskrewe onderwerp - Gerda Fouche se Brandwurm.
Senior afdeling
- Ope kategorie - Carien Kruger se Flamingo at Sunset; naaswenners - Anton la Grange se Thirsty Juvenile Bateleur en Danie Pretorius se Gripen Jet.
- Voorgeskrewe onderwerp - Anton la Grange se End of the Cycle; naaswenner - Johan van Aarde se Grootoog.
Fotogalery: Eden Photographic Society Februarie wenners
Lede van die klub vergader elke tweede Dinsdag van die maand om 18:00 by die Diaz Strand Hotel.
Alle belangstellendes en fotografie entoesiaste is welkom die geleentheid by te woon of aan te sluit. Daar is elke maand 'n voorgestelde onderwerp, Hierdie maand is dit abstrakte (abstract) fotografie.
Vir enige navrae oor die klub, kontak Anton la Grange (084 442 4442).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'