MOSSELBAAI NUUS - 'n Bekende gesig op Mosselbaai, Edward Johannes Meyer (81), is verlede Vrydag, 8 November, oorlede.
Meyer se dogter, Megan, sê hy was algemeen bekend as Ed Meyer, oom Ed of mister Meyer.
Oom Ed was die stigter en voormalige voorsitter van die Mosselbaai Ontspanningsklub, 'n nie-winsgewingde organisasie (NWO), wat minderbevoorregte kinders gehelp het.
Megan sê hy het altyd Kersfunksies vir die kinders gehou waar hulle geskenkies gekry en ook soms bootuitstappies, waarvoor hy borge gekry het. Hy het ook jaarliks 'n sportdag op D'Almeida Stadion aangebied vir netbal, krieket en sokker waarby verskillende besighede betrokke was.
"Hy was bekend in die uitrustings wat hy so gedra het die mooi suits met die blínk hemde," lag Megan.
Sy sê hy het altyd gehelp waar hy kon en mense sou hom daarvoor onthou.
"Ons sal hom onthou vir sy goedhartigheid. Hy was baie lief vir my en sy kleinkinders en het alles in sy vermoë gedoen om dinge moontlik te maak. Ons gaan dit mis."
Edward Meyer
Meyer se herdenkingsdiens word vandag, 14 November, by 6842 Matokustraat in Asla Park gehou en sy begrafnis word op 16 November by die Lighthouse Assembly Of God in Marlinstraat, Uitbreiding 23 gehou. Die besigtiging is om 09:00 en die diens begin 10:00.
Mossel Bay Advertiser berig in Julie 2018 oor erkenning wat Meyer gekry het vir sy betrokkenheid by sport en ontspanning. Lees meer hier: Diens aan die gemeenskap erken
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’