MOSSELBAAI NUUS - Evelyn Gestner, 'n ware voorslagvrou van Benevolent Park, het op 19 Augustug 96 jaar oud geword. Volgens haar vriende is sy nog op en wakker en bestuur sy nog haar eie motor. "Sy is regtig 'n ware voorbeeld vir ons almal. Sy doen nog haar eie naaldwerk en bly in 'n selfsorghuisie op die terrein."
Ander inwoners sê ook dat Evelyn nog heeltemal selfversorgend is. "Sy is net die vrolikste en kla nooit."
Aangesien Evelyn haar verjaarsdag te midde die inperkingstyd gevier het, kon 'n groot samekoms nie gehou word nie. 'n Paar inwoners en vriende het voor haar huisie byeengekom en vir haar gesing.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'