Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 12 September in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
September se voorgeskrewe onderwerp was "Doors & Gates".
FOTOGALERY: EPS se wenfoto's vir September
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir September is:
- Senior: Johan Steyn se Steps to Dreamland (voorgeskrewe onderwerp).
- Senior Naaswenner: Johan van Aarde se Catch of the day 2 (natuur).
- Senior Naaswenner: Johan Steyn se Two Men (ope-afdeling).
- Junior: Gerald Nicholson se Pied Kingfisher (natuur).
Meriete toekennings
- Johan Steyn se Steps to Dreamland (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan van Aarde se Catch of the day 2 (natuur).
- Johan Steyn se Two Men (ope-afdeling).
Sterstatus bevorderings in EPS klub
- Baie geluk aan Gerald Nicholson wat na 3-sterstatus en Mari du Toit wat na 4-sterstatus bevorder is.
Besoekers is welkom om die foto-beoordelings by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’