Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 10 Oktober in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
FOTOGALERY: Oktober se wenfoto's
Oktober se voorgeskrewe onderwerp was Decay.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Oktober is:
- Senior: Gerda Fouche se Naaldekoker (natuur).
- Senior naaswenner: Gerda Fouche se Almost there (fotojoernalistiek).
- Junior: Kitty Steyn se Geskilder Venice (visuele kuns).
Meriete toekennings
Gerda Fouche se Naaldekoker (natuur) en Almost there (fotojoernalistiek).
Besoekers is welkom om die foto-beoordelings by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’