Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se November-beoordeling het weer virtueel plaasgevind en was dit dan ook die laaste beoordeling vir die jaar.
Daar is sewe kategorieë vir foto inskrywings. November se voorgeskrewe onderwerp was plaasdiere.
Wenfoto's
Die algehele wenfoto's van November is:
- Groep B wenner: Johanna Delport se Waterdruppels (visuele kuns).
- Groep A wenner: Verinda Bosch se Uitgelatenheid (voorgeskrewe onderwerp).
- Groep A naaswenner: Verinda Bosch se Stuifmeel etertjie (natuur).
Certificate of Merit
- Voorgeskrewe onderwerp - Verinda Bosch se Uitgelatenheid.
- Natuur - Carien Kruger se 11 Cape Gannet.
- Natuur - Pierre Jordaan se Impala in sig.
- Natuur - Verinda Bosch se Stuifmeel etertjie.
Fotogalery: EPS November wenfoto's
Die klub se eerste byeenkoms sal volgende jaar Februarie 2022 weer begin.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub, kontak Michael van Schalkwyk (082 953 7671). Lesers kan ook gerus na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
PHOTO OF THE MONTH - GROUP A - Verinda Bosch - Uitgelatenheid (Voorgeskrewe Onderwerp)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'