Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 9 Mei in die Diaz Hotel plaasgevind. Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Mei se voorgeskrewe onderwerp was Minimalist/Less is more.
FOTOGALERY: EPS: Minimalist/Less is more
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Mei is:
- Senior: Elizabeth Nicholson se Pienk Hibiskus (visuele kuns).
- Junior: Liana Hoffman se Hartenbos wolke (landskappe).
Meriete toekennings
- Elizabeth Nicholson se The Virgin Flower (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan van Aarde se Lonely survivor (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan Steyn se Marine Glance (landskappe).
- Johan Enslin se No Limits (fotojoernalistiek).
- Gerda Fouche se Time for a smile (fotojoernalistiek).
- Elizabeth Nicholson se Pienk Hibiskus (visuele kuns).
Sterstatus bevorderings in EPS klub
- Elba Muller word bevorder na 1 sterstatus, Marinda Coetzee na 2 sterstatus en Danie Cillie na 4 sterstatus.
Baie geluk en welgedaan.
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Marianna Erasmus se Black and white (voorgeskrewe onderwerp).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’