Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 13 Junie in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Junie se voorgeskrewe onderwerp was Animal potraits.
FOTOGALERY: Junie-maand se EPS wenfoto's
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Junie is:
- Senior: Elaine van der Toorn se Curtain of water (ope-afdeling).
- Junior: Job Ubbink se Potret van Mnr Bromvoël (voorgeskrewe onderwerp).
Meriete toekennings
- Elain van der Toorn se Curtain of water (ope-afdeling).
- Danie Pretorius se Mango (ope-afdeling).
- Gerda Fouché se Cormorant (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan Steyn se Resting Mantis (natuur).
Sterstatus bevorderings in EPS klub
- Sussan Stoop word bevorder na 1 sterstatus.
Baie geluk en welgedaan.
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Danie Pretorius se Mango (ope-afdeling).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’