Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 11 Julie in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Julie se voorgeskrewe onderwerp was glas.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Julie is:
- Senior: Johan Steyn se Water streaks (landskappe).
- Junior: Marianna Erasmus se Walking on clouds (visuele kuns).
Meriete toekennings
- Johan Enslin se CB Sketchbook (voorgeskrewe onderwerp).
- Gerda Fouché se Strepe (voorgeskrewe onderwerp).
- Johan Steyn se Water streaks (Landskappe).
- Elaine van der Toorn se Receiving blessings (fotojoernalistiek).
Junior wenner se foto van die maand - Marianna Erasmus - Walking on clouds (visuele kuns).
Sterstatus bevorderings in EPS klub
Sharlton Groenewald en Hanri Roets word bevorder na 1 sterstatus. Marinda Coetzee word na 2 sterstatus bevorder. Liana Hoffman en Job Ubbink word na 3 sterstatus bevorder.
Baie geluk en welgedaan.
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
FOTOGALERY: Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse foto's
Job Ubbink - Twilight waterhole visit (natuur).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’