MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) het einde verlede jaar hul prysuitdeling gehou en 2021 se onderskeie wenners aangewys asook hul bestuursverkiesing gehou. Johan van Aarde is as die nuutverkose voorsitter aangewys.
Verina Bosch het verskeie pryse ingepalm, onder andere die senior EPS-fotograaf van die jaar. Die junior EPS-fotograaf van die jaar is deur Gerda Fouché verower.
Ander pryswenners is as volg:
Senior EPS klubpunte-wenners:
1. Verinda Bosch; 2. Johan van Aarde; 3. Elizabeth Nicholson.
Junior EPS klubpunte-wenners:
1. Gerda Fouché; 2. Mari du Toit; 3. Sakkie Haarhoff.
Algehele wenners met gekomineerde EPS klub- en PSSA salonpunte:
1. Verinda Bosch; 2. Anton la Grange; 3. Elaine van der Toorn.
PSSA Impala-klubwenner vir EPS met die meeste salonpunte:
Verinda Bosch.
Die Eden Photographic Society (EPS) gaan hierdie jaar weer voluit voort met hul fotografie. Die klub se eerste byeenkoms vind op 8 Februarie om 19:00 by die Diaz Hotel plaas.
Alle besoekers is welkom om die fotobeoordeling by tewoon.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub, kontak Michael van Schalkwyk (082 953 7671).
Lesers kan ook gerus na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Die algehele wenners met gekomineerde EPS klub- en PSSA salonpunte is Anton la Grange (naaswenner) en Verinda Bosch (wenner). Elaine van der Toorn (2de naaswenner) was nie teenwoordig tydens die neem van die foto nie.
EPS-voorsitter, Johan van Aarde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'